 |
| Theuns en Anton in die Performer. |
| |
|
 |
 |
Gezina skryf "Gisteraand het ons na Theuns Jordaan in die Performer Teater in Pretoria gaan luister. Hy en Anton L'Amour het alleen opgetree.
Dit was 'n heerlike aand. Wat spesiaal is aan so 'n venue en wanneer Theuns nie saam met die orkes optree nie, is dat mens sy stem en die woorde van die liedjies soveel beter kan hoor. Ek geniet natuurlik ook die volle orkes saam met Theuns, maar geniet dit ook om soms net vir hom en sy kitaar op die verhoog te kry en dan later net Anton saam met hom. Moet sę, Anton tower deesdae klanke uit sy nuwe elektriese kitaar, wat ek nie geweet het moontlik is nie!
Theuns het werklik probeer om iets vir almal se smaak te sing, van pragtige Koos Doep goed , tot lekker dans nommers.
'n Aand is ook net so lank en mens kan seker nie verwag dat hy AL jou gunstelinge moet sing nie,daarvan is daar deesdae ook so baie, maar ek sou net graag wou hę dat hy die lieflike lied, "Moenie", ook moes insluit. Gelukkig was daar darem baie ander gunstelinge om daarvoor op te maak.
Dankie, Theuns en Anton,vir 'n genotvolle aand!
"
|
|
|
 |
 |
Gepos op 23 Apr 2008 deur Merlin
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
| |
Untitled Document
|
| |
Nog nie 'n lid nie? Jy kan vinnig een skep. As 'n geregistreerde gebruiker het jy sekere voordele soos tema beheer, inskrywing konfigurasie en jy kan inskrywings en kommentaar pos met jou naam by. |
|
|
|
Untitled Document
Untitled Document
|
| |
Gemiddelde gradering: 3 Stemme: 1

|
|
|
|
Untitled Document
|