Untitled Document
Forums Home    
Untitled Document
Musiek Menu
 
 Tuis / Home
 Musieknuus
 Onderwerpe
 Musieknuus
 Kunstenaars
 Musiekmense
 Lirieke
 Digkuns
 Skryfkuns
 Teaters / Venues
 Interessant
 Werd om te weet
 SA-Nuus
 Sê jou Sê
 Forums
 Private Boodskappe
 WebKlets / WebChat
 Stuur Nuus
 Storie sonder Einde
 Optredes
 Optredes Kalender
 Publiseer Optredes
 Musiek Shoppie
 Musiek CDs
 Bladmusiek
 Video & DVD
 T-Hemp
 Geskenkbewyse
 Winskopies
 Laai af en Luister
"> ">Soek
 Soek/Search
 Stories Argief
 Lirieke
 Info
 Vrae/Antwoorde
 Vertel Ander
 Jou Info
 Lede / Members
 Statistieke
 Top 10
 Meningsopnames
 Statistieke
 Algemeen
 Top Webwerwe
 e-Radio Afrikaans
 Kontak Ons
 Contact
 Terugvoer
 GeelBladsye
 Suid-Afrikaanse Musiek
 Jamroom
 Kunstenaars
 Treffers

 FotoGalery
 
Gideon - Nuwe cd
 

Musieknuus / Music News
Musieknuus / Music News  

Gideon skryf "

Gideon

MURG

“Afrika se stof is gemessel in my gees.”

Dit is die CD se omslag wat aanvanklik my aandag trek. Met ‘n stapel albums van hoopvolle nuwe kunstenaars op die lessenaar, besluit ek om dié een eerste in die speler te druk.

En op die plek is ek totaal oorrompel.

Van die eerste note af kry Gideon dit reg om die luisteraar vas te vang – nie net omdat die lirieke eerlik en nostalgies mooi is nie – maar omdat die talent suiwer en boeiend is en van duidelike begeestering en lewenservaring spreek.



Net soos die omslag insig voorgestel het, is dit ook in die lirieke te bespeur. Die 12 snitte, almal oorspronklik en uit Gideon se eie filosofiese pen, wissel in styl van blues tot rock, jazz en folk.

Omdat hierdie ‘n album is wat jy in jou speler sit en end uit wil luister, is dit baie moeilik om net ‘n paar uit te sonder, maar luister veral na Ek het nog my lewe (wat beloof om ‘n treffer te wees), en so ook Maskers, Die moeite werd en die bitter mooi I want to declare.

Dit is toenemend raar om die vreugde van régte musiek te hoor. Te veel ander kunstenaars verlaat hulle op die resep-vervaardigde roete en raak dan verlore in die hutspot van afrikaanse musiek wat alles eenders wil klink. Daar is géén gevaar dat dit met Gideon gaan gebeur nie.

“MURG is een van die woorde uit die lied “Afrikadag",” vertel Gideon uit Dubai waar hy hom tans bevind. “Die lied sê dat ek ‘n kind van die son en die reën is en Afrika se ritme in my murg en been voel. Vir my vertel dit van die verbond wat ek met my land en my mense het en dit sê ook iets oor my verband met my musiek.”

Gideon se stemvaardigheid is ryk, volwasse en geslyp. Die lirieke vertel elk ‘n storie uit die hart, soms met ‘n goeie skeut sosiale kommentaar – en deurgaans boei dit en vang dit jou vas.

Hierdie is ‘n CD met baie om die lyf en is gemik op die fynproewer. Gideon het net die beste kunstenaars gebruik om hom by te staan en die krediete lees soos ‘n toonvenster van ons beste talent. Daar is die internasionale gehalte van Denny Lalouette op baskitaar (absoluut uitmuntend!) en Mauritz Lotz op kitaar. Neill Ettridge is uiters bedrewe op dromme, Barry Snyman toor met die saksofoon en Johan Kelber wys sy fenomenale slag met die klavier, hammond orrel en tjello. Wat ‘n vreugde om soveel vaardigheid aan te hoor!

Soos Gideon self sê: “Niks wat die moeite werd is kom sonder tyd en trane.” Met die eksotiese klanke van die Midde-Ooste rondom hom, hunker sy menswees steeds na die land van sy herkoms. Hy het sy tyd geneem en seker gemaak dat hy ‘n album daar stel wat hom uit die staanspoor in ‘n klas van sy eie gaan vestig.

“Tien jaar weg uit my hartland het my baie geleer oor wat vir my belangrik is. My mense, my taal, die geur van plekke. Ek glo dat een van die belangrikste dinge in die lewe is om nooit van iets weg te gaan nie, maar altyd na iets toe te gaan.”

Net soos die naam Gideon in hebreeus “uitkerwer” beteken, het Gideon van Zyl ook vir homself ‘n spesiale nis in die afrikaanse musiekindustrie oopgekerf.

Hou jou ore gespits – jy gaan nog BAIE van die uitsonderlike man hoor.

Vir meer inligting, skakel Lydia Winchester by 011 475 2187 / 082 554 8453 of stuur ‘n e-pos na lydiaw@mweb.co.za

"




 

Gepos op 23 Apr 2008 deur Merlin


  Untitled Document
Teken aan
 
Skuilnaam

Wagwoord

Nog nie 'n lid nie? Jy kan vinnig een skep. As 'n geregistreerde gebruiker het jy sekere voordele soos tema beheer, inskrywing konfigurasie en jy kan inskrywings en kommentaar pos met jou naam by.
 
Untitled Document
Verwante Skakels
  · Meer omtrent Musieknuus / Music News
· Nuus deur Merlin


Mees gelese storie betreffende Musieknuus / Music News:
Innibos 2005 - Raak Betrokke

 
Untitled Document
Artikel Gradering
 
Gemiddelde gradering: 0
Stemme: 0

Neem asb 'n sekonde en stem vir die artikel:

Uitstekend
Baie Goed
Goed
Alledaags
Swak

 
Untitled Document
Opsies
 
 Drukker Vriendelike Bladsy Drukker Vriendelike Bladsy

 
     
   
 ·  1: Afrikaanse Keurspel: Bladmusiek + Kitaar drukke
·  2: a thousand pieces: Kurt Darren - Kurt Darren: Meisie Meisie
·  3: Eva: André Swiegers - blou
·  4: A Letter To Daddy: Juanita du Ples - Ek en Jy (Ska-Rumba)
·  5: 1980 Boereblues in G#1: Anton Goosen - Liedjieboer
·  6: Op Blouberg se strand: Laurika Rauch - 19 Treffers Van 21 Jaar
·  7: 1000 Soene: Riaan Nienaber - A - Z Van Afrikaanse Musiek Vol 1
·  8: Ek hou nie van werk nie: Zirk Bergh - Dis die Weskus
·  9: 'n Kleindorpse fragment: Laurinda Hofmey - Perd oor die Maan
·  10: Hoor hoe val die reen: André Swiegers - blou
 
     

 

 

 

xx Musiek.co.za xx