Untitled Document
Forums Home    
Untitled Document
Musiek Menu
 
 Tuis / Home
 Musieknuus
 Onderwerpe
 Musieknuus
 Kunstenaars
 Musiekmense
 Lirieke
 Digkuns
 Skryfkuns
 Teaters / Venues
 Interessant
 Werd om te weet
 SA-Nuus
 Sê jou Sê
 Forums
 Private Boodskappe
 WebKlets / WebChat
 Stuur Nuus
 Storie sonder Einde
 Optredes
 Optredes Kalender
 Publiseer Optredes
 Musiek Shoppie
 Musiek CDs
 Bladmusiek
 Video & DVD
 T-Hemp
 Geskenkbewyse
 Winskopies
 Laai af en Luister
"> ">Soek
 Soek/Search
 Stories Argief
 Lirieke
 Info
 Vrae/Antwoorde
 Vertel Ander
 Jou Info
 Lede / Members
 Statistieke
 Top 10
 Meningsopnames
 Statistieke
 Algemeen
 Top Webwerwe
 e-Radio Afrikaans
 Kontak Ons
 Contact
 Terugvoer
 GeelBladsye
 Suid-Afrikaanse Musiek
 Jamroom
 Kunstenaars
 Treffers

 FotoGalery
 
Swiegers en seun sing saam
 

Kunstenaars / Artists
Kunstenaars / Artists  

Swiegers en seun sing saam
LUCILLE BOTHA 12/12/2006 10:58:02 PM - (SA)
KAAPSTAD. – Die liefde blom nie meer op die verhoog óf in die werklike lewe tussen die sanger en liedjieskrywer André Swiegers (48) en die bloedjong Monica Burger (21) nie.

“Ek glo as jy werklik lief is vir iemand kan jy nie net ’n deur toemaak en daarvan vergeet nie, anders was jy nooit regtig lief vir daardie persoon nie. Ek moet erken ek het baie seer oor Monna, ek kan nie myself mislei nie. Die beste verhouding wat ek ooit met ’n vrou in my lewe gedeel het, was met haar,” sê André hieroor.

Hy en sy seun, Emile (15), sal voortaan ’n dodelike pa-en-seun-kombinasie op die verhoog wees.



Die lewe het André die laaste ruk ’n hele paar taai klappe toegedien: sy bloeddruk-probleme, die kolonkanker wat by sy broer gediagnoseer is en dan die verbrokkeling van sy twee jaar lange verhouding met Monica.

André is egter optimisities oor die toekoms.

“My lewe gaan aan en ek kyk vorentoe. Gelukkig is my bloeddruk weer onder beheer danksy medikasie. Ek voel goed onder omstandighede.

“Ek skryf liedjies vir ’n volgende album en doen heelwat optredes. Ek dink nie ek sal gou weer ’n vaste verhouding oorweeg nie.”

André en Monica se verhouding het skeefgeloop nadat Monica vir mnr. Renier Müller, ’n ortopediese verteenwoordiger, ontmoet het.

“Monica en Renier se sakeverhouding het vinnig in ’n liefdesverhouding ontwikkel,” het André ge­sê. Hy erken egter sy aandeel in die mislukte verhouding.

“Ek besef wel nou ek het nie die nodige aandag, tyd en liefde aan Monica en my kinders gedurende die laaste paar maande gegee nie – al is daar redes om dit te probeer regverdig. Dit het my gekos.”

Volgens Monica het die verhouding stadig gesterf en het die paar­tjie uit mekaar beweeg.

Emile en André is vuur en vlam vir hul gesamentlike loopbaan.

“Ek het vir my kinders gesê ek kan nie die familiekonsert-ding doen nie, maar as hulle soos pro’s kan speel, is hulle welkom om saam met my die musiekrondes te doen. Van toe af het my huis gedreun soos daar geoefen is!”

Emile bewonder sy pa wat só baie bereik het sonder enige teoretiese agtergrond, en glo André se musiek tel onder die beste in Afrikaans.

André en Emile onderneem dié maand ’n Wes-Kaapse toer. Hulle is op 18 Desember op Lambertsbaai, die 19de by Club Mykonos, die 21ste en 22ste by die Dorpstraat-teater in Stellenbosch, die 26ste by die Kunskafee in Durbanville en die 28ste op Stilbaai.





 

Gepos op 21 Dec 2006 deur Merlin


  Untitled Document
Teken aan
 
Skuilnaam

Wagwoord

Nog nie 'n lid nie? Jy kan vinnig een skep. As 'n geregistreerde gebruiker het jy sekere voordele soos tema beheer, inskrywing konfigurasie en jy kan inskrywings en kommentaar pos met jou naam by.
 
Untitled Document
Verwante Skakels
  · Meer omtrent Kunstenaars / Artists
· Nuus deur Merlin


Mees gelese storie betreffende Kunstenaars / Artists:
Geblikte Afrikaans

 
Untitled Document
Artikel Gradering
 
Gemiddelde gradering: 3.5
Stemme: 4


Neem asb 'n sekonde en stem vir die artikel:

Uitstekend
Baie Goed
Goed
Alledaags
Swak

 
Untitled Document
Opsies
 
 Drukker Vriendelike Bladsy Drukker Vriendelike Bladsy

 
     
   
 ·  1: Afrikaanse Keurspel: Bladmusiek + Kitaar drukke
·  2: a thousand pieces: Kurt Darren - Kurt Darren: Meisie Meisie
·  3: Eva: André Swiegers - blou
·  4: A Letter To Daddy: Juanita du Ples - Ek en Jy (Ska-Rumba)
·  5: 1980 Boereblues in G#1: Anton Goosen - Liedjieboer
·  6: Op Blouberg se strand: Laurika Rauch - 19 Treffers Van 21 Jaar
·  7: 1000 Soene: Riaan Nienaber - A - Z Van Afrikaanse Musiek Vol 1
·  8: Ek hou nie van werk nie: Zirk Bergh - Dis die Weskus
·  9: 'n Kleindorpse fragment: Laurinda Hofmey - Perd oor die Maan
·  10: Hoor hoe val die reen: André Swiegers - blou
 
     

 

 

 

xx Musiek.co.za xx