Untitled Document
Forums Home    
Untitled Document
Musiek Menu
 
 Tuis / Home
 Musieknuus
 Onderwerpe
 Musieknuus
 Kunstenaars
 Musiekmense
 Lirieke
 Digkuns
 Skryfkuns
 Teaters / Venues
 Interessant
 Werd om te weet
 SA-Nuus
 Sę jou Sę
 Forums
 Private Boodskappe
 WebKlets / WebChat
 Stuur Nuus
 Storie sonder Einde
 Optredes
 Optredes Kalender
 Publiseer Optredes
 Musiek Shoppie
 Musiek CDs
 Bladmusiek
 Video & DVD
 T-Hemp
 Geskenkbewyse
 Winskopies
 Laai af en Luister
"> ">Soek
 Soek/Search
 Stories Argief
 Lirieke
 Info
 Vrae/Antwoorde
 Vertel Ander
 Jou Info
 Lede / Members
 Statistieke
 Top 10
 Meningsopnames
 Statistieke
 Algemeen
 Top Webwerwe
 e-Radio Afrikaans
 Kontak Ons
 Contact
 Terugvoer
 GeelBladsye
 Suid-Afrikaanse Musiek
 Jamroom
 Kunstenaars
 Treffers

 FotoGalery
 
Sterkman en Sanger, Gerrit Badenhorst
 

Kunstenaars / Artists
Kunstenaars / Artists  

Gerrit Badenhorst is Suid-Afrika se węreldkampioen-kragman met ‘n hart. Hy het sy jare lange droom om ‘n musiekloopbaan te integreer met sy kragman-tentoonstellings verwesenlik met die uitreiking van sy album, Soen, Soen, in 2005. Met die bekendstelling van sy musiekloopbaan is hy die eerste kragman, wat ook sy sangtalent in ‘n vertoning wys. Die kombinasie van kragmantoertjies en sang skep prettige, eiesoortige vermaak vir optredes by ‘n wye verskeidenheid geleenthede.
 
As kragman is hy reeds jare lank węreldbekend, en dič bekendheid het hom ook die geleentheid gegee om reeds in Nederland en Hongarye as sanger by kragman-geleenthede op te tree.
 
 
 

 


Gerrit, die Węreldkampioen-kragman
 
Gerrit weeg tans 120 kg. Op nasionale vlak het hy Suid-Afrika verteenwoordig in Gewigopotel en Kragoptel.  Hy was 3 x Węreldkampioen in Kragoptel en het hoër prestasies as enige ander Suid-Afrikaner behaal deur węreldrekords van 450kg hurksit (squat),  402,5kg dooiegewig (deadlift) te oortref.  Sy persoonlike beste bench press is 255 kg.  Hy het vir 9 agtereenvolgende Węreld Sterkman-kompetisies (‘n węreldrekord tot nou toe) gekwalifiseer.
 
Gerrit was 10 jaar lank onder die top 5 op die Węreldranglys met ‘n beste plek van 2de posisie in die amptelike Węreld sterkmankompetisie in die Bahamas.  Hy het die World Mighty man-titel en die Hollandse Grand Prix-titel teen die beste Węreld-sterkmanne gewen. Hy het onder meer in Amerika, Malta, The Isle of White, Engeland, Skotland, Finland, Ysland, China, Holand, Hongarye, Frankryk, Italië, Luthihania, Turkye, Marokko, Kanada en Mauritius as sterkman opgetree.
 
Gerrit het in Mei 2002 uitgetree as kompeterende sterkman en het hom gevestig as sterkman-vermaaklikheidskunstenaar. Gerrit organiseer en bied ook amptelike sterkmankompetisies aan en is die president van die SA Sterkman-unie. Hy het die Staatspresident en Sportskrywer se Sportman van die Jaar-toekennings twee keer ontvang.  Gerrit word ook vereer in die Nasionale Museum in Bloemfontein met ‘n uitstalling van die Węreldrekord- rotsblok van 145 kg, wat hy in 1998 bo sy kop uitgestoot het. 
 
Tipe optredes, wat hy tans as Sterkman bied:
 
Hy doen al baie jare landswyd vemaaklike sterkmanvertonings en betrek die pa’s, ma’s en kinders.  Sy vertoning sluit items, soos die volgende in:
 
· Stoot ‘n apparaat, soos ‘n kruiwa, met byna 20 kinders daarop
· Tot byna 40 kinders probeer beide sy arms met 2 toue ooptrek
· Trek ‘n bus, trok of swaarvoertuig tot 10 ton met sy bene
· Bied die sterkseuntjie-, sterkpa- en sterkvroukompetisie aan
· Lig ou Skotse, ronde klippe en -sakke op staanders
· Praat oor sy lewenswyse, lewensuitkyk, diëte en motivering
· Tree op as aanbieder van nasionale en internasionale sterkmankompetisies
 
Gerrit, die Sanger
 
Hy het sy jare lange droom om ‘n musiekloopbaan te integreer met sy kragman-tentoonstellings verwesenlik met die uitreiking van sy album, Soen, Soen, in 2005.  Met die bekendstelling van sy musiekloopbaan by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in 2005 is hy die eerste kragman, wat ook sy sangtalent in ‘n vertoning wys. Die kombinasie van kragmantoertjies en sang skep prettige, eiesoortige vermaak vir optredes by ‘n wye verskeidenheid geleenthede.
 

Gerrit sing veral liefdesliedere, wat spesiaal vir hom geskryf is. Sy motto op die verhoog, is: “Ek dra jou op die hande”. Dič motto sę presies wat Gerrit Badenhorst in hart en siel is: ‘n sterk man, wat sy gehoor fisies op die hande kan dra vir ‘n oomblik se pret, maar ook met sy stem sy gehoor op die hande dra. (In ‘n gedeelte van sy verhoogprogram dra hy ‘n vrou uit die gehoor op die verhoog en sing vir haar ‘n liedjie.)
Gerrit se aanhangers noem hom ook “Die węreld se sterkste sanger”.
 
Gerrit het as sanger reeds die verhoog gedeel met onder meer Kurt Darren, Danie Niehauws, Jannie Moolman en Eden. Hy was ook deel van die Rugby Klink Goed-span wat onlangs in die Vrystaatse rugbystadion teen die Vrystaatse veteranespan gespeel het. Gerrit is in genooi om die sterkman-temalied, wat spesiaal vir hom geskryf is, in Nederland en Hongarye te gaan sing tydens internasionale sterkman-kompetisies.
 
Die album, Soen, Soen, bevat sewe nuwe, oorspronklik liedjies.  Die tempo en klanke van die res van die bestaande liedjies is nuut verwerk . Die opname van byna al die liedjies se musiek bestaan uit lewendige instrumentasie, wat n warm, oorspronklike en lewendige gevoel aan die album gee. Die liedjies is geskryf deur verskeie skrywers, het tempo, mooi woorde wat wissel van dans en rock, tot rustige balades met klavierbegeleiding. Die album bestaan meestal uit Afrikaanse liedjies, en het drie Engelse snitte.
 




 

Gepos op 03 Sep 2005 deur Merlin


  Untitled Document
Teken aan
 
Skuilnaam

Wagwoord

Nog nie 'n lid nie? Jy kan vinnig een skep. As 'n geregistreerde gebruiker het jy sekere voordele soos tema beheer, inskrywing konfigurasie en jy kan inskrywings en kommentaar pos met jou naam by.
 
Untitled Document
Verwante Skakels
  · Meer omtrent Kunstenaars / Artists
· Nuus deur Merlin


Mees gelese storie betreffende Kunstenaars / Artists:
Geblikte Afrikaans

 
Untitled Document
Artikel Gradering
 
Gemiddelde gradering: 5
Stemme: 1


Neem asb 'n sekonde en stem vir die artikel:

Uitstekend
Baie Goed
Goed
Alledaags
Swak

 
Untitled Document
Opsies
 
 Drukker Vriendelike Bladsy Drukker Vriendelike Bladsy

 

tl
Verwante Onderwerpe

Musieknuus / Music News
 



tl
Re: Sterkman en Sanger, Gerrit Badenhorst (Gradering: 1)
deur 2me2 op 08 Oct 2005
(Gebruiker Info | Stuur 'n Boodskap)
Gerrit, jou cd is fantasties. Wag vir die volgende een. Voorwaar die sterkste sanger. Soen Soen dans baie lekker.


 
     
   
 ·  1: Afrikaanse Keurspel: Bladmusiek + Kitaar drukke
·  2: a thousand pieces: Kurt Darren - Kurt Darren: Meisie Meisie
·  3: Eva: André Swiegers - blou
·  4: A Letter To Daddy: Juanita du Ples - Ek en Jy (Ska-Rumba)
·  5: 1980 Boereblues in G#1: Anton Goosen - Liedjieboer
·  6: Op Blouberg se strand: Laurika Rauch - 19 Treffers Van 21 Jaar
·  7: 1000 Soene: Riaan Nienaber - A - Z Van Afrikaanse Musiek Vol 1
·  8: Ek hou nie van werk nie: Zirk Bergh - Dis die Weskus
·  9: 'n Kleindorpse fragment: Laurinda Hofmey - Perd oor die Maan
·  10: Hoor hoe val die reen: André Swiegers - blou
 
     

 

 

 

xx Musiek.co.za xx